CrimeNews

Man kry sewe jaar vir bedrog

Lenn Roy Jofner, wat in April vanjaar in Modimolle aangekeer is, is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het op Maandag 23 November voor landdros Pieter Manthatha in die Modimolle-streekhof verskyn.

Die 24-jarige Jofner het op verskeie klagtes van bedrog en diefstal verskyn nadat hy brandstof by ’n vulstasie in die dorp ingegooi het, maar nie daarvoor betaal het nie.

Hy is aangekeer toe hy motorbande by Supa Quick ter waarde van duisende rande wou koop.

Die polisie het tydens sy in hegtenisname vervalste diamante en R200-note, juwele en metamfetamien, beter bekend as “crystal meth”, in sy voertuig gevind.

Hy het skuld beken op agt van die tien klagtes teen hom. Jofner is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir ’n saak in Laersdrif.

Daar is ook nog ander sake wat teen hom ondersoek word.

  • Muhammed Ismail Essack (46), wat in hegtenis geneem is nadat verskeie kliënte van die Montoya-motorhandelaar in Modimolle klagtes gelê het, sou op Donderdag 26 November aansoek doen om borgtog. Essack is in 2015 saam met sy pa, Ishmael, aangekeer ná beweringe van bedrog. Essack het egter borgtog ontduik en is weer op Sondag 15 November by ’n huis in Makapanstad in Gauteng in hegtenis geneem.

Related Articles

Back to top button