Local newsNews

VLU groet 2020 met skenkings

Die VLU se Nylstroom-tak het tydens hul laaste jaarvergadering op Dinsdag 17 November skenkings aan hulporganisasies in die dorp gemaak.

Die Abraham Kriel-kinderhuis en Klub Helpmekaar het kontantskenkings van die vroue ontvang as blyk van waardering vir die gemeenskapswerk wat hulle doen.

 

Gerda van der Merwe, hoof van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle, ontvang ’n skenking van Magda Pretorius wat deur die VLU se Nylstroom-tak gemaak is.

 

Die nuwe lede wat vanjaar aangesluit het, is tydens die vergadering verwelkom en het elkeen ’n klein geskenkie ontvang.

Die tak nooi graag ander vroue om in die nuwe jaar by hulle aan te sluit. Wilna van den Heever, voorsitter van die tak, het haar jaarverslag voorgelê wat getoon het dat die vroue, ondanks die inperkings, steeds verskeie hoogtepunte en doelwitte bereik het.

Die tak vergader weer op Dinsdag 26 Januarie om 14:30 by die Abraham Kriel-kinderhuis se saal. Die artikels wat die afgelope jaar vir kompetisies ingeskryf is, sal dan uitgestal word.

“Belangstellendes kan gerus kom kyk. Dalk prikkel dit hul belangstelling om iets nuuts te leer,” het Elsa du Plessis, die tak se skakelbeampte, gesê.

Vir meer inligting, bel vir Du Plesiss by tel. 082 707 9506.

Related Articles

Back to top button