NewsSchools

RiVo-dramaskool se top- presteerders aangewys

Die RiVo-dramaskool in Thabazimbi het op Woensdag 18 November hul jaarlikse afsluitingsgeselligheid aangebied.

Die topdramastudente in die junior- en senior afdelings het toekennings vir hul goeie werk ontvang.

Die voorskoolse gr. RR- en gr. R-leerders het inkleurboeke saam met hul sertifikate ontvang.

 

Lieselotte Smit met die wisseltrofee as die hoërskool-afdeling se dramastudent van die jaar. Lieselotte het die afgelope jaar, ondanks die Covid-19-beperkings, aan nege verskillende aanlyn digitale dramakompetisies deelgeneem.

 

Die toppresteerders in die laerskool se junior- en senior afdelings is aangewys en het trofeë ontvang. Mia-Miné du Plessis (junior wenner) is tydens die ATKV KunsteGrot Dramafees in drie van die afdelings as afdelingwenner aangewys met A++ toekennings in al vier afdelings waarin sy deelgeneem het.

Die senior wenner was Gert-Hendrik du Plessis wat tydens die ATKV KunsteGrot Dramafees die afdelingswenner in drie kategorieë was.

“Die Covid-19-inperkingsmaatreëls het studente voor groot uitdagings te staan gebring. Hulle afrigting en deelname aan kompetisies het virtueel plaasgevind. Dit was harde werk en het toewyding geverg. Ander dorpe en dramaskole het kennis geneem van RiVo se dramaleerders,” het Rita Volschenk, eienaar van KunsteGrot en RiVo se drama-afrigter, aan Die Pos gesê.

Lieselotte Smit, een van RiVo se hoërskool dramastudente, het die RiVo-student van die jaar-trofee ontvang vir haar uitmuntende vertonings die afgelope jaar.

Sy het aan nie minder nie as nege aanlyndramakompetisies deelgeneem. Hoogtepunte was die Pierneef Digitale Kunstefees, Op Die Planke Monoloogfees, Dramaweb SA-kompetisie, die Fanie Malan Aanlyn-Kunstefees, die Edrien Erasmus Aanlyn Dramakompetisie, asook die Talent Africa-kompetisie.

Volschenk het aan Die Pos gesê daar is in al die aanlynkompetisies waaraan die dramastudente deelgeneem het, van hoogs bekwame eksterne beoordelaars gebruik gemaak.

Related Articles

Back to top button