Stywe handdruk vir topleerders

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 6 November hul prysuitdelingsgeleentheid vir hul hoërskoolleerders aangebied.

Al die leerders was teenwoordig en het sertifikate ontvang.  

Jano le Roux, ’n gr. 12-leerder, is aangewys as die Waterbergskool vir CVO se Waterbokkie vir 2020. Dié toekenning word gemaak aan die leerder wat op akademiese-, sport- en kultuurgebied die grootste bydrae gelewer het om die beeld van die skool uit te dra. Christiaan Jooste, voorsitter van die opvoedingsraad, oorhandig die trofee aan hom.

 

Die Waterbergskool het hul laerskoolleiers vir 2021 aangekondig. Links op die foto is Thumi Joubert en regs is Jessie Smit.

 

Die laerskool se seunsleiers vir 2021 is Terence Sutherland en Gustav Kleinhans.

 

Jehred Viviers en Irene Jooste is verkies as hoërskoolleiers vir 2021 by die Waterbergskool vir CVO.

 

Carmi le Roux is as onderhoofleier en Adriaan Roets as hoofleier vir 2021 aangekondig tydens die prysuitdelingsfunksie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button