CrimeNews

Motorhandelaar vas ná hy glo borgtog ontduik

’n Tweede­hand­se motor­han­de­laar wat die po­li­sie ont­glip het na­dat R1 000 borgtog in Mei 2015 aan hom toe­ge­staan is, is weer ag­ter tra­lies.

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie het Muham­med Ismail Essack (46), wat in 2015 saam met sy pa, Ish­­mael, op klagtes van be­drog aan­ge­keer is, is op Son­dag 15 No­vem­ber by ’n huis in Ma­kapan­stad in Gau­teng in heg­te­nis ge­neem na­dat die po­li­sie in­lig­ting ont­vang het oor waar hy hom be­vind.

Essack word tans met 26 sa­ke ver­bind en die klag­tes wis­sel van be­drog en kor­rup­sie tot dief­stal.

Dié sa­ke spruit uit klag­tes wat die po­li­sie ont­vang het van kliën­te van die Mon­toya-mo­tor­han­de­laar in die dorp.

Vol­gens kol. Moat­she Ngoepe, pro­vin­sia­le woord­voer­der van die po­li­sie, het een van die klaers sy mo­tor in Maart 2014 in­ge­ruil op ’n gro­ter voer­tuig.

Vol­gens die kon­trak sou die han­de­laar die uit­staan­de be­drag by die bank af­los, maar dit is nooit ge­doen nie.

Die klaer moes nood­ge­dwonge die paaie­men­te op twee voer­tuie be­taal. Na­dat nog klag­tes teen die mo­tor­han­de­laars ge­lê is, het fi­nan­siële in­stel­lings op 19 voer­tuie be­slag ge­lê.

Van die klaers het ge­sê dat hul­le nooit die voer­tuie, waarvoor hul­le reeds be­taal het, ont­vang het nie.

Daar was nóg klag­tes van voer­tuie wat inge­ruil is, maar nooit by die ban­ke af­ge­los is nie en die klaers moes aan­hou be­taal.

Essack ver­skyn weer op Dins­dag 24 No­vem­ber in die hof in Modi­mol­le om aan­soek te doen om borgtog.

Related Articles

Back to top button