Local newsNews

Jagluiperdsentrum streef na die beste

Die Pos het die afge­lo­pe week die Cheetah Experience-re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum, ’n nie-wins­ge­wen­de maat­skap­py, tus­sen Mo­di­mol­le en Bela-Bela be­soek en wat ’n aangename verrassing was dit nie.

Die sen­trum is in 2009 ge­stig en fo­kus daarop om roof­diere, ver­al jagluiperds, wat beseer is of gebrekke het, te re­ha­bi­liteer. Hul is ook betrokke by ’n wetenskaplikgegronde teelprogram wat die voortbestaan van dié spesie verseker.

Die rehabilitasiesentrum fokus ook op die bewus­ma­king van bewaring van ons land se natuurerfenis. Die diere word versorg en gerehabiliteer sodat hulle weer in bewaringsgebiede vrygelaat kan word. Die Waterberg is ’n gebied waar luiperds in die natuur voorkom.

Diere wat nie sodanig herstel om weer vrygelaat te word nie, word permanente inwoners op die plaas.

“Ons sken­kings het opge­droog tydens die Covid-19-pandemie en ons moes self planne beraam om voldoende kos aan ons diere te verskaf,” het Riana Nieuwen­hui­zen, stig­ter van die sen­trum, aan Die Pos ge­sê.

Hul grootste bron van ondersteuning het gekom van donasies uit die VSA en Eu­ro­pa, maar dié lande se ekonomie is ook swaar getref deur die pandemie en skenkings het al minder geword. Nieu­wen­huizen het ge­sê al het hul uit­da­gings meer geword, sal hulle nie van hul roeping afsien om die rehabilitasieprogramme te laat voortgaan nie.

Die natuurlike balans moet in ewewig bly. Ander rehabilitasieprogramme vir ander spesies streef dieselfde doel na.

“Elke dier het ’n doel in die na­tuur. As men­se hul­le sum­mier dood­maak, word die ewewig versteur en sal ’n ander groep diere in die voedselketting te veel word wat lei tot ’n kettingreaksie van wanbalans.”

Die be­stuur het tydens die pandemie baie verbeteringe aangebring. Hulle het nuwe hokke gebou, personeel se woonkwartiere opgegradeer en ’n nuwe koelkamer vir die stoor van voedsel vir die katte is gebou.

“Ons het die afgelope jaar geen kos­sken­kings ge­kry nie, maar vleis­ver­wer­kers was ons goed­ge­sind en het vir ons goeie pry­se aange­bied om vleis te koop,” het sy ge­sê. “Besoekers moet nooit onder die wanindruk wees dat ons diere soos troeteldiere gehuisves word nie. Hulle bly roofdiere en word as sulks gerespekteer. Wilde diere wat gerehabiliteer word, het steeds spasie nodig. Hulle instink om te jag moenie taan nie, want dit is belangrik dat hulle self kan jag wanneer hulle weer hervestig word. Mense wat hulle wil mak maak, moet myns insiens nie eens permitte bekom om roofdiere aan te hou nie.”

Sy het voorts ge­sê die sen­trum bied nie in­ter­ak­sie met die die­re aan nie, maar wil graag aan besoekers die geleentheid bied om die diere se gewoontes beter te leer ken. Besoekers is welkom om die rehabilitasiesentrum te besoek.

“Ons vrywilligers uit Europa kan nou volgens die vlak 1-inperking weer by die personeelkorps aansluit om op die reservaat te help,” het sy ge­sê. “Ons diere is veilig en ons veiligheidsisteem is ook opgegradeer. Die personeel woon naby die hok­ke om ’n oog te hou. Ons katte sal altyd net die beste kry. Hulle versorging is ons eerste prioriteit,” het sy ge­sê.

Waterbergers wat graag die rehabilitasiesentrum wil besoek, kan vir Riana Nieuwenhuizen bel by tel. 079 155 5917 om ’n afspraak te maak.

Related Articles

Back to top button