CrimeNews

Vyf vas ná roof by gholflandgoed

Vyf mans is ver­le­de week na­by Marikana, wes van Bela-Bela, in heg­te­nis ge­neem in ver­band met die roof­tog op Don­der­dag 22 Ok­to­­ber by die Koro Creek-gholf­land­goed buite Modimolle.

Surett Gro­­bler en Jo­­hann van Baalen is net ná 02:00 die nag in hul slaap­kamer oor­val na­dat die ge­wa­pen­de ro­wers toe­gang tot hul slaap­­ka­­mer via die bal­kon verkry het.

Die kamer­deur was ge­sluit, het hulle destyds aan Die Pos gesê. Gro­bler en Van Baalen se han­de en voe­te is met skoen­ve­ters, sel­foon­laai­ers en ’n haar­droër se ka­bel vasgebind.

Die mans het met wa­pens, ju­we­le en kon­tant ge­vlug. Die paar­tjie, wat in die ka­mer toe­ge­sluit is, kon hul­self los­wik­kel en alarm maak.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het gesê die mans is op Maan­dag 2 No­vem­ber in die Marikana-omgewing in Noord­wes aan­ge­keer.

“Die mans ver­skyn eers in Mari­ka­na op aan­klag­te van an­der sake. Hul­le sal op Don­der­dag 12 No­vem­ber aan­soek doen om borgtog waar­na hul­le na die Modi­mol­le-po­li­sie­sta­sie ge­bring sal word,” het Find­lay ge­sê.

Related Articles

Back to top button