Local newsNews

Waterkrisis dreig in Mookgophong

Die waterkrisis in Mookgophong het verlede week ’n drastiese wending geneem toe die pompe in die Frikkie Geyser-dam, wat daagliks sowat 2 miljoen liter water aan die dorp verskaf, afgeskakel is.

Die dam is tans so leeg dat die pompe nie gebruik kan word nie.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

AfriForum se Naboomspruit-tak het op Donderdag 5 November ’n besoek by die plaaslike waterpompstasie, asook by die boorgatpompe, afgelê.

Volgens Philip van Staden, voorsitter van AfriForum in die dorp, word die krisis vererger omdat slegs nege van die 19 boorgatpompe in ’n werkende toestand is.

Ses van hierdie pompe is voorheen deur AfriForum herstel. Volgens burgemeester Marlene van Staden is die boorgate wat jare gelede gesink is, sleg geposisioneer.

“Die munisipaliteit het op aanbeveling van ’n hidroloog besluit dat dit nie lewensvatbaar is om die nie-werkende boorgate te herstel nie. Daar is ná konsultasie met die hidroloog twee nuwe boorgate gesink wat beter geleë is en wat ’n geskatte 400 kl water per dag kan lewer. Hierdie boorgate sal binne die volgende tien dae toegerus en gekoppel word,” het sy in ’n verklaring gesê.

AfriForum se Philip van Staden het hierop gesê: “Dit is sorgwekkend dat die munisipaliteit bewus is daarvan dat die dam besig is om leeg te loop, maar nie voorkomend optree nie. Twee nuwe boorgate is wel in September gesink, maar daar is nog geen poging aangewend om dit te koppel nie nie. Ons het op Vrydag 6 November nog ’n pomp herstel by boorgat 5 en op Maandag 9 November is boorgat 11 se pomp herstel. Die twee boorgate behoort sowat 700 kl per dag te lewer. Dit is seker die moeite werd om dit te herstel?”

’n Munisipale watertrok is die afgelope week gestuur om water aan dele van Mookgophong te voorsien. Dit sluit die watertenks by die kliniek en ouetehuis in die dorp in.

Daar is ook, in samewerking met Working on Fire (WoF) begin om die riete by die Frikkie Geyser-dam af te brand en te verwyder.

Vrywilligers het die munisipaliteit gehelp om water aan die betrokke inwoners te verskaf.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button