Local newsNews

Helpende Hand beoog herstelplan vir dorp

Die Helpende Hand-tak in Mookgophong het op Donderdag 5 November byeengekom om ’n herstelplan vir die dorp en omgewing van stapel te stuur.

“Helpende Hand se omgeenetwerk sal uit verskeie kategorieë bestaan en individue of instansies kan inskakel waar hulle graag betrokke wil raak. Ons beoog om een keer per kwartaal te vergader om beplanning te doen maar ook om vordering te kan evalueer,” het Marianthie van der Walt, voorsitter, aan Die Pos gesê.

Volgens Van der Walt, wat ook die provinsiale leier van Helpende Hand is, het gemeenskappe reeds sterk strukture in skole, kerke, maatskaplike organisasies en ander welwillendheidsinstansies.

Die idee van ’n omgeenetwerk is om daardie bestaande strukture meer vaartbelyn te maak. Die waardigheid en eer van gemeenskappe moet beskerm word.

Hul potensiaal moet ontgin word en vertroue moet herstel en ontwikkel word.

Kommunikasie tussen groepe is baie belangrik. Helpende Hand se bestaande netwerke het tydens die grendeltydperk gesorg dat behoeftiges nie honger gely het nie.

“Mense het, te midde van uitdagende tye, steeds uitgereik na mekaar en die gemeenskap as ’n eenheid versterk.”

Related Articles

Back to top button