LettersOpinion

Brief: Dankie aan Desiré van Vodacom

Ek het ná talle onsuksesvolle pogings uiteindelik by De­siré be­land.

Magda Pretorius, Modimolle, skryf:

Ek wil graag ’n pluim­pie vir Desiré Le­dwa­ba van die Voda­com-win­kel in Mo­di­mol­le gee.

Ek het twee jaar ge­le­de ’n kon­trak met Vodacom gesluit en 18 maan­de lank ge­suk­kel om my naam kor­rek op my fak­tuur te laat ver­skyn.

Ek het ook el­ke maand ’n fak­tuur van ’n ander persoon op my e-pos ont­vang. Nie­mand by Voda­com se hoof­kan­toor of by hul kliën­te­diensafdeling kon dit vir my reg­stel nie.

Ek moes tot beëdigde ver­kla­rings by die po­li­sie gaan af­lê en die lêer met onsuksesvolle Vodacom-korrespondensie het dik­ker as my By­bel geword.

Ek het ná talle onsuksesvolle pogings uiteindelik by De­siré be­land.

Sy het my baie pro­fes­sio­neel en in Afri­kaans ge­help en bin­ne ’n week was my jare lange pro­ble­me met my diensverskaffer iets van die verlede.

Sul­ke vrien­de­like en on­ge­loof­like vin­nige diens ver­dien ’n pluim­pie!

Related Articles

Back to top button