LettersOpinion

Brief: Ondersteun boeremark en gemeenskap

Wan­neer laas het ons direk by die boer ver­werk­te vleis en wilds­droëwors en -biltong ge­koop?

Fernando Goncalves, Modimolle, skryf:

Ek hoop die boere­mark in Modi­mol­le bly vir lank ’n in­stel­ling.

Ek wil dan­kie se aan die or­ga­ni­seer­ders vir ’n puik ini­sia­tief en moe­dig jul­le aan om deur te druk en die mark ’n in­stel­ling te maak. Dit kan werk.

Wan­neer laas het ons direk by die boer ver­werk­te vleis en wilds­droëwors en -biltong ge­koop? Dit is die regte tuis­ver­­werk­te vleis met net goeie be­stand­de­le, eiesoortige kruie en die lek­ker­ste smaak.

Die gebruik om vars plaasprodukte soos pers­kes, sam­pioe­ne, ta­ma­ties, wor­tels, blom­kool, kom­kom­mer en slaai van die boer se trok af te ­koop, was amper iets van die verlede.

Die tuis­ge­maak­te kon­fyte, koe­kies, be­skuit en souse is keurig verpak en ’n heer­like bederf. Daar is hout­werk en naald­werk en ander hand­ge­maak­te artikels — werklik iets in almal se smaak. Die atmosfeer is onverbeterlik.

Met die heerlike aroma van vars pannekoek en koffie word ou vriende en kennisse uit die gemeenskap gegroet terwyl bekende treffers sag in die agtergrond speel.

Ek vra ons dorp en buur­dorpe se inwoners om hier­die unie­ke ini­sia­tief te on­der­steun en ons eie boere­mark vol­hou­baar te maak so­dat ons dit nog vir lank kan ge­niet.

Ondersteun jou gemeenskap en gee aan meer plaaslike talent geleentheid om hul produkte te vertoon.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button