Local newsNews

Vriende neem afskeid van staatmaker

Familie en vriende het die afgelope week hartseer afskeid geneem van Elma Kleinhans (63) nadat sy op Woensdag 28 Oktober oorlede is.

Kleinhans was ’n geliefde lid van die VLU se Nylstroom-tak en word as ’n staatmaker beskryf.

“Elma was bykans 20 jaar lid van ons VLU-tak en benewens die baie kursusse wat sy in gebak en preservering aangebied het, het sy ook as beoordelaar vir die tak en provinsie opgetree. Sy was ’n baie geliefde lid en was altyd opgeruimd en gewillig om te help. Sy het die heerlikste koeksisters aan die Kokanje-aftreeoord se snoepie verskaf,” het Elsa du Plessis van die VLU gesê.

Kleinhans het tydens ’n kampeervakansie ’n bakteriële infeksie opgedoen en komplikasies ontwikkel.

Sy was ses weke lank in intensiewe sorg.

“Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende. Ons eer haar nagedagtenis,” het Du Plessis gesê.

’n Troosdiens is op Saterdag 31 Oktober by die Hervormde Kerk Nylstroom gehou.

Related Articles

Back to top button