Local newsNews

Gemeente maak die strate skoon

Gewapen met handskoene, plastieksakke en sonhoede het lidmate van die Fokus Deo-gemeente op Saterdag 31 Oktober die strate van Modimolle ingevaar om op te ruim.

Die groep van meer as 30 mense het blou T-hemde gedra waarop staan: “I’ll be the difference”.

Volgens past. Johan Brits sal hulle vir hierdie gemeenteprojek vier agtereenvolgende Saterdae vullis optel.

“Terwyl ons skoonmaak, bid ons ook vir die dorp,” het hy gesê. “Ons moet ook diensknegte kan wees.”

Brits het gesê die inwoners wat hulle teëgekom het, het baie positief gereageer en van hulle het spontaan saam begin papiere optel.

Die groep het aan weerskante van die hoofstraat skoongemaak, asook langs dele van die rivier.

Van die ouers het ook hul jong kinders saamgebring om te help om op te ruim.

Related Articles

Back to top button