LettersOpinion

Brief: Daar is twee stelle reëls

Wat­ter van die stel­le reëls toe­ge­pas word, hang af van die be­vol­kings­groep waaraan ’n be­skul­dig­de be­hoort. Hier­uit lei ’n ont­stel­len­de on­ge­lyk­heid voor die reg.

Karel Nie­wen­huis, ad­junk- pro­vin­sia­le lei­er, Vry­heids­front-Plus, skryf:

Die trau­ma wat in Sene­kal afgespeel het, ver­wy­sen­de na die moord op Bren­din Horner, was nie slegs die strooi wat die ka­meel se rug ge­breek het ten op­sig­te van plaas­moor­de nie, dit het ook die ge­lyk­heid voor die reg ewen­eens in die kol­lig laat ­kom deur die ongelyke han­te­ring van die be­trok­ke par­tye se borg­togaan­soe­ke.

Die hof neem die vol­gen­de in ag wan­neer borg­steun oor­weeg word: is die be­skul­dig­de ’n vlug­ri­si­ko, sal die be­skul­dig­de sy of haar ver­hoor bywoon, het die be­skul­dig­de ’n vas­te adres, famil­ie en ’n gel­dige pas­poort?

In­dien die in­di­vidu aan hier­die ver­eis­tes vol­doen, be­paal die hof die borgbedrag, in oor­leg met die erns van die oor­tre­ding.

Dit is elke oor­tre­der se reg om volgens hier­die reëls be­oor­deel te word, maar dit is klaar­blyk­lik nie die ge­val wan­neer dit ’n boer van Sene­kal is nie. In die lig van bo­staan­de regs­reëls was die uit­spraak van die streek­hof oor die borgtog­aan­soek van An­dré Pie­­naar van Sene­kal onbe­gryp­lik.

Ten spy­te daar­van dat die be­skul­dig­de aan al die ver­eis­tes vir borg­skap vol­doen het, is dit van die hand ge­wys. Pie­naar is ’n be­ken­de sake­man van Sene­kal. Sy aan­soek was sukses­vol na­dat hy die hoër­hof in Bloem­fon­tein ge­na­der het. ’n Borg­be­drag van R15 000 rand is vasge­stel.

Ver­ge­lyk bo­staan­de met die borg­be­drag van R5 000 wat vas­ge­stel is vir die be­skul­dig­de van Bren­din Hor­ner se dood. Hoe is dit moont­lik dat die borg­be­drag vir ’n be­skul­dig­de wat van moord ver­dink word so­veel ver­skil van ’n borg­be­drag vir ’n be­skul­dig­de wat na bewe­ring ’n voer­tuig aan die brand ge­steek het?

Die lo­gie­se gevolg­trek­king is dat daar klaar­blyk­lik twee stel­le reëls be­staan. Wat­ter van die stel­le reëls toe­ge­pas word, hang af van die be­vol­kings­groep waaraan ’n be­skul­dig­de be­hoort. Hier­uit lei ’n ont­stel­len­de on­ge­lyk­heid voor die reg.

Kan jy in­dien jy aan die blan­ke ras be­hoort, jou in die hof be­roep op jou demo­kra­tie­se reg soos ver­vat in die kon­sti­tu­sie? Ek kan geen an­der ver­kla­ring as een ge­ba­seer op ras vir bo­staan­de ge­beu­re vind nie.

Die vraag is wat ge­maak wan­neer die reg nie meer ge­reg­tig­heid en ge­lyk­heid uit­leef nie? Kan ons dan nog na ’n de­mo­kra­sie ver­wys of is regs­reëls min­der werd as die pa­pier waar­op dit geskryf staan?

Related Articles

Back to top button