Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Daar is hopelik goeie nuus vir inwoners van Bela-Bela wat reeds maande gelede aansoek gedoen het vir bestuurderslisensies. Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het aan Die Pos gesê mense wat tussen November 2019 en Maart vanjaar vir hernuwing van bestuurderslisensies aansoek gedoen het, kan die lisensies gaan afhaal. Mense wat tussen April en Junie aansoek gedoen het, sal egter nog geduldig moet wees aangesien die aansoeke nog nie afgehandel is nie. Mense wat van Julie tot September vanjaar aansoek gedoen het, se nuwe lisensies is volgens hom “moontlik” ook by die kantoor in Van der Merwestraat beskikbaar. Mosito kon nie die verkeersafdeling se direkte telefoonnommer verskaf sodat inwoners kan bevestig of hul lisensies daar is of nie. Hy het gesê inwoners moet maar in die tou val om hul lisensie af te haal. Die Pos is die afgelope jaar oorval met klagtes van gebrekkige dienslewering by die Bela-Bela-verkeersafdeling.

 

Ag nee, sies! Die aanhoudende waterlek op die hoek van Reitzstraat en Mentzlaan in Bela-Bela het inwoners moedeloos. Die waterlek het in 2019 ontstaan en die munisipaliteit is al herhaalde kere in kennis gestel van die duisende liters water wat daar verlore gaan. Die Pos het self op verskeie geleenthede berig oor die waterlek en dit onder die aandag van amptenare gebring. Hoewel munisipale werkers dikwels op die terrein opgemerk word, is die lekplek nog nie herstel nie. Die munisipale bestuur sou dié week op ’n inspeksietoer deur die dorp gaan om ernstige diensleweringsprobleme te ondersoek. Op die foto sit inwoner Braam van Wyk by die poel water in
Reitzstraat waarna hy skertsend as ’n visvangdam verwys.

 

Die harte van die Be­la-Be­la-ge­meen­skap is geraak deur die plei­dooi van boe­re elders in die land wat reuseverliese gely het weens vernietigende wegholveldbrande. Or­ga­ni­sa­sies soos AfriFo­rum en TLU SA het hande met pri­vaat wel­doe­ners gevat om sken­kings aan dié boere, hul gesinne en werkers te maak. In Be­la-Be­la was die NG Moe­der­ge­meen­te se kerksaal ’n miernes van bedrywigheid en het helpers meer as 200 bok­se vol kos, kle­re, toi­let­wa­re en ander noodsaaklikhede ver­pak om na die Vry­staat en Noordwes te stuur. Peet se Pad­stal op die Tha­ba­zim­bi-pad buite die dorp het ook as versamelpunt vir skenkings gedien. Op die fo­to staan E­lize Mos­tert, or­ga­ni­seer­der, in die kerksaal by ’n aantal van die bokse. Vir na­vrae oor by­draes bel vir Mos­tert by tel. 082 393  8330 of vir Het­tie Pre­to­rius van Peet se Pad­stal by tel. 082 928 4913.

 

Die Wa­ter­ber­g juig oor die reën wat die af­ge­lo­pe week ge­val het. In­wo­ners van Vaal­wa­ter en omge­wing het op Dins­dag 3 No­vem­ber vroeg­og­gend tus­sen 40 mm en 50 mm ge­meet. Die hoof­straat het vir ’n ruk soos ’n ri­vier ge­lyk, soos wat dié foto wat op so­sia­le me­dia ver­skyn het, aan­dui. Mar­lene van Sta­den, bur­ge­mees­ter van die Modi­molle-Mook­gophong-mu­ni­si­pa­li­teit, woon in Vaal­water. Sy het ge­sê daar het die vorige dag ook 20 mm geval. “Ons het al 170 mm vir die sei­soen ge­had,” het sy ge­sê. Foto: Reënval In SA/Ronel Bar­nard

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button