AdvertorialNews

The Flower Barn net die plek vir dié met groen vingers

’n Splinternuwe kwekery het op Saterdag 10 Oktober sy hekke op die Roodepoort-hoewes, sowat 4 km buite Bela-Bela, oopgegooi.

Estelle Benadie is die kreatiewe denker agter hierdie nuwe lushof. Inwoners sal haar onthou as die vriendelike en hulpvaardige bestuurder van NTK-Landmark in Bela-Bela.

Sy het die afgelope ses jaar in Johannesburg groot plaaswinkels tot stand gebring en bestuur. Sy het tydens die grendeltydperk lang rukke tuis deurgebring en besef sy is ’n Bosvelder in murg en been.

Hoewel sy verlang het na die omgewing en sy mense, het haar tuinboustokperdjie gedy. Haar man, Wynand, het haar aangemoedig om haar droom te verwesenlik om ’n kwekery en koffiewinkel te open en in ’n oogwink vir haar twee nethuise laat oprig.

Met haar seun, Wean, wat ’n gerekende landboukundige is, se hulp het hulle baie navorsing gedoen in die voorbereiding van die grond, soort plante wat met min reën in die Bosveldson sal aard en om die mikrobesproeiing gereed te kry. Dit het ’n heerlike familieprojek geword met hul dogter Dané en skoondogter Chené wat saam planne beraam het en ook ’n groot bydrae lewer met die uitsoek van produkte vir die koffie- en geskenkwinkel.

Fase 1 van die projek is reeds afgehandel. Kliënte van The Flower Barn kan na hartelus gaan loer na die wye verskei- denheid kruie, inheemse bome, saailinge en struike wat beskikbaar is. Daar is ook ’n verskeidenheid landskapprodukte soos blokke, klippe en voëldrinkbakke beskikbaar.

Tuinbou-geesdriftiges kan gerus navraag doen oor nuwe plant- spesies en variëteite wat nou gewild is. Groothandelplantverskaffers lewer by The Flower Barn af. Fase 2 is ’n heerlike kuierplek met boeretroos en kontreikos.

Die bouwerk het reeds begin en sal vroeg in Desember vir die publiek beskikbaar wees. Estelle sê ’n kuiertjie daar sal ’n eiesoortige sensoriese ervaring wees wat al die sintuie inspan om inwoners te laat ontspan ná hierdie onderstebo jaar. Daar word ook ’n geskenkwinkel met ’n kinkel in die stoor opgerig.

Artikels sal gekeur word en sal in almal se smaak en prysklas val. So kort voor Kersfees kan die Kerskouse gevul word met produkte wat tuis hoort op Wes-Kaapse wynplase, maar nou in die hartjie van die Waterberg beskikbaar sal wees.

Inwoners word genooi om te kuier op die groen grasperke onder die groot koeltebome wat soos ’n oase in die dorre landskap is.

Daar is reeds ’n vol program van werkwinkels en kuiersessies beplan.

Vir meer inligting bel vir Estelle Bena- die by tel. 082 805 3356 of gaan loer op haar Faceboek-blad by: The Flower Barn. Stuur ’n e-pos aan estellebenadie@gmail.com met navrae of as u unieke produkte uit die kontrei het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button