Local newsNews

VLU-Nylstroom weer volstoom aan die gang

Die vroue van die VLU se Nylstroom-tak is sedert Dinsdag 15 September weer volstoom aan die werk en hou by die Covid-19-inperkingsmaatreëls.

Andries van Niekerk van die Dendrologiese-vereniging het tydens die vergadering sy kennis oor die essenhout- en die kremetartboom met die vroue gedeel.

Johan de Beer, ’n inwoner van die Kokanje-aftreeoord, het die vroue van die Nylstroom-VLU vertel van sy belangstelling in die Anglo-Boereoorlog.

 

Die twee bome is as die VLU se bome van die jaar aangewys. Kunswerk van die VLU se kunstenaar van die jaar, Erika van Zyl, is uitgestal.

Dié kunstenaar wat in Lephalale woon is bekend vir haar helder kleurige olieverf kunswerke. Lilian Weber, streeksvoorsitter, het gepraat oor “VLU, ons eie”.

Johan de Beer, ’n inwoner van die Kokanje-aftreeoord, het tydens die byeenkoms op Dinsdag 20 Oktober ’n interessante lesing gegee oor sy belangstelling in die Anglo-Boereoorlog en die kultuur van daardie tyd.

Die tak vergader elke derde Dinsdagmiddag om 14:30 by die Abraham Kriel- kinderhuis in Modimolle. Belangstellendes kan vir Elsa du Plessis bel by tel. 082 707 9506.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button