LettersOpinion

Klag ingedien oor ‘Kill the Boer’

Hierdie soort gedrag is onaanvaarbaar. Plaasmoorde is ’n werklikheid en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat ’n rol speel in plaasaanvalle en -moorde.

Dr. Pieter Groenewald, Vryheidsfront-Plus- (VF-Plus) leier, skryf:

Die VF-Plus veroordeel EFF-ondersteuners se gebruik van die “Kill the Boer”-lied op Vrydag 16 Oktober in Senekal ten sterkste en het ’n klag daaroor teen die betrokke ondersteuners en teen Julius Malema, leier van die EFF,  by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien. Hierdie soort gedrag is onaanvaarbaar.

Plaasmoorde is ’n werklikheid en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat sonder enige twyfel ’n rol speel in plaasaanvalle en -moorde.

Die VF-Plus het reeds in 2003 daarin geslaag om deur die MRK die sing van die lied tot haatspraak te laat verklaar.

Malema word persoonlik ook aanspreeklik gehou omdat hy openlik haat en geweld predik.

Hy het voor die 16 Oktober-hofsaak in Senekal selfs ’n burgeroorlog openlik goedgepraat.

Hierdie aanhitsing lei daartoe dat ondersteuners opgesweep word tot aksie soos onlangs gesien is met die landwye Clicks-protesaksies.

Malema is nie verhewe bo die reg nie en die tyd het aangebreek dat daar teen hom opgetree word in die belang van almal in die land.

Related Articles

Back to top button