Gawie Richter, Modimolle, skryf:
Graag verwys ek na Bitter Bettie se navraag in Ons Hoor in Die Pos van 16 Oktober. Bettie, ek het slegte nuus vir jou en dit is dat daar op geen korrespondensie of oproepe deur Jan Publiek aan enige instelling waar die ANC betrokke is gereageer word nie.
Dit is by uitsondering dat iemand jou sal terugskakel of kontak, maar hoofsaaklik word daar slegs op bevel van ’n hof gereageer.
Dat daar normaalweg nie op Die Pos se navrae gereageer word nie, getuig van uitstekende joernalistiek.
As ’n mens vreedsaam betoog, kan jy maklik van poging tot moord, spoeg op straat of terrorisme aangekla word.