Local newsNews

Waterbergers beplan groot protesoptog teen plaasaanvalle

In­wo­ners van Modi­molle en Vaal­wa­ter sal op Son­dag 25 Ok­to­ber pro­te­steer teen die sin­ne­lose moor­de op plaas­be­wo­ners.

Men­se word genooi om deel te neem aan die vreed­same Swart Maan­dag-op­tog­te deur op te daag in hul trek­kers, bak­kies, mo­tors, mo­tor­fiet­se, laai­gra­we en vrag­mo­tors en om hul stem­me dik te maak teen die ge­weld­da­dige aan­val­le.

Die land is die af­ge­lo­pe paar we­ke ge­ruk na­dat ’n jong boer, Bren­din Horner, wreed­aar­dig in die Vry­staat ver­moor is.

Dit het ge­lei tot pro­tes­optogte reg­oor die land. Die groep in Modi­mol­le kom om 12:00 ag­ter die Modi­Mall byeen van waar hul­le tot by Castle de Wildt sal be­weeg.

Daar sal punts­man­ne wees. Mar­lene van Sta­den, bur­ge­mees­ter van die Modi­molle-Mook­go­phong-muni­sipa­li­teit, sal die ver­wel­ko­ming doen, waar­na pas­t. An­dré de Beer die diens sal lei.

Die gas­spre­ker is Pie­ter Richmuller. Die eers­te 100 voer­tuie ont­vang ’n gra­tis kruis­plak­ker, die eers­te 100 ge­sin­ne ’n gra­tis plak­kaat en die eers­te 50 kin­ders gra­tis sleutel­hou­ers.

Vir meer in­lig­ting bel vir Daisy Eras­mus by tel. 082 551 6362. Optoggangers van Vaalwater kom om 11:00 by die Heuning­fon­tein Truck Stop byeen van­waar hul­le Vaal­water toe en dan na Rivier­oord beweeg.

Vir meer in­lig­ting oor die optog bel vir Sas­ka Smith by tel. 083 418 6228

Related Articles

Back to top button