AdvertorialNews

Pick n Pay Modimolle vier groot mylpaal

Pick n Pay in Modimolle vier eersdaags hul eerste verjaardag.

Dié supermark het verlede jaar na die Sparrow-winkelsentrum in die hoofstraat verskuif en sy vloerspasie en produktereeks vergroot.

Die supermark wil dié mylpaal saam met die dorp se inwoners vier.

“Ons het die afgelope jaar oorweldigende steun van Modimolle se inwoners ontvang. Ons wil hulle graag bedank vir hul volgehoue ondersteuning; selfs in hierdie besondere moeilike jaar,” het Chris van Rooyen, mede-eienaar, gesê.

Hy is betrokke by die daaglikse bestuur van die onderneming. Pick n Pay Modimolle nooi hul klante om gebruik te maak van die spesiale aanbiedinge wat vanaf Vrydag 24 Oktober tot Sondag 1 November aangebied word.

As deel van die feesvieringe tree die Rodeo Girls-lyndansers op Vrydag 24 Oktober op en verskeie ander gaskunstenaars sal deur die loop van die week optree. Klante wat meer as R150 bestee, staan ook ’n kans om gratis produkte in die “Spin and Win”-kompetisie te wen.

Pensioentrekkers kry steeds 5% afslag op Woensdae. Pick n Pay Modimolle was gedurende die Covid-19-pandemie betrokke by die Modimolle Food Drive. In samewerking met Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle en Mookgophong, het hulle honderde kospakkies aan honger gesinne verskaf.

“Ons het ook waar ons kon aflewerings gedoen om klante se risiko te beperk,” het Van Rooyen gesê.

Die supermark is verder betrokke by verskeie skole se fondsinsamelingsaktiwiteite, asook by die Abraham Kriel-kinderhuis in die dorp.

“Ons kon die donasies wat deur ons klante gemaak is, aan die gemeenskap oorhandig,” het hy gesê.

Die groente en vrugte staan kleurvol en vars in die oop, skoon winkel gepak.

“Dié winkel was vir ons ’n droom wat waar geword het. Dit was die regte stap om in moeilike tye te neem,” het Van Rooyen gesê.

Related Articles

Back to top button