CrimeNews

Begraafplaas is glo onveilig

Wees uiters ver­sig­tig by die be­graaf­plaas in Modi­molle.

’n Le­ser het dié waar­sku­wing aan Die Pos ge­stuur na­dat hy on­langs in die be­graafplaas oor­val is. Die man, wat ver­kies om ano­niem te bly, het aan Die Pos gesê dat hy sy groot­ouers se graf­te ty­dens die onlangse lang­na­week be­soek het.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

“Ek het ge­weet dat dit ge­vaar­lik is om al­leen soon­toe te gaan, maar daar was nog men­se saam met my. Ten spy­te daar­van is ek deur vier mans aan­ge­val en van my sel­foon be­roof. Ek is seer­ge­maak,” het hy ge­sê.

“Ek kon my motor­sleu­tel uit my sak kry en weg­gooi ter­wyl een van die mans op my rug en my keel ge­trap het,” het hy ge­sê. “Dis uiters ge­vaar­lik daar. Asse­blief bly eer­der weg daar.”

Daar is nie ’n klag by die po­li­sie in­ge­dien nie. Die le­ser het by­ge­voeg dat die be­graaf­plaas wel mooi net­jies on­der­hou word.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het by navraag ge­sê hul­le het nie on­lang­se klag­tes van voor­val­le in die be­graaf­plaas ont­vang nie.

“Dit is be­lang­rik dat men­se wel ’n klag lê so­dat ons weet waar daar pro­ble­me ondervind word.”

Die enig­ste voor­val na­by die be­graaf­plaas wat volgens hom wel onlangs aangemeld is, is ’n voorval waar ’n man wat ’n saamry­ge­leent­heid van­af Vaal­wa­ter ge­kry het, van sy sel­foon be­roof is deur die be­stuur­der van die voertuig toe hy na­by die be­graaf­plaas stilge­hou het.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button