CrimeNews

Vrou sterf ná voer­tuig haar tref

’n Vrou van Be­la-Be­la is op Son­dag 11 Ok­to­ber dood na­dat ’n voer­tuig haar in Pot­gie­ter­straat raak­ge­ry het.

Vol­gens kapt. An­ne­ma­rie Smith, speur­tak­hoof van die Be­la-Be­la-po­li­sie, het die on­ge­luk om­streeks 10:15 in die om­ge­wing van die Pot­gie­ter- en Van der Mer­westraatkrui­sing plaas­ge­vind.

Lui­dens die klag­staat het die be­stuur­der van ’n Volks­wa­gen Po­lo die sper­streep by die stopstraat oorgesteek en die vrou in die pro­ses ge­tref.

Die impak van die botsing het die slagoffer deur die lug geslinger en sy het die grond hard getref.

Sy is na verneem word dood weens in­wen­di­ge be­se­rings. Die vrou is teen druk­tyd deur haar fa­mi­lie as Pau­li­na Ma­se­ko (61) ge­ïden­ti­fi­seer.

Sy het in Le­sideng in die Be­la-Be­la-township gewoon. Die bestuurder van die voer­tuig is op die to­neel i­n heg­te­nis ge­neem en van straf­ba­re man­slag aan­ge­kla.

Hy was teen druktyd steeds in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button