CrimeNews

Ver­dag­tes vrygelaat ná hoofstraatdrama

Die vier mans wat met groot fanfare op Vry­dag 18 Sep­tem­ber in Chris Hanistraat in Bela-Bela in hegtenis geneem is, is almal vrygelaat.

Talle mense het op dié dag in die hoofstraat saamgedrom om te kyk hoe die mans deur ’n groot aantal polisielede aangekeer word.

’n Polisiehelikopter is ook ingebring vir bystand. Omstanders het spontaan begin hande klap toe die polisie die vier na die vangwa begelei het. Bela-Bela se hoofstraat loop die afgelope maand gereeld onder gewapende rowers deur en inwoners het gehoop dat dié inhegtenisname ’n groot deurbraak vir die polisie was.

Die po­li­sie was op dié Vry­dag in die omgewing besig met ’n roetine-operasie. Sers. Frans Mapon­ya, Be­la-Be­la-po­lisie­woord­voer­der, het vroe­ër ge­sê beamp­tes het vier ver­dag­tes in twee gepar­keer­de voer­tui­e voor die Creativity-klere­win­kel aangekeer nadat ’n vermoede bestaan het dat ’n rooftog beplan word.

Ondersoekwerk het egter getoon dat die verdagtes geen vuurwapen by hulle gehad het nie. Die ondersoekspan het bevind dat die twee voertuie waarmee die mans gery het — albei VW Polo’s — se enjinnommers nie ooreengestem het met hul registrasienommers nie.

Die verdag­tes is daarna aan­ge­kla van die be­sit van vermoedelik ge­steel­de voer­tuie, as­ook ver­val­sing van die voer­tuie se re­gis­tra­sienom­mers. Die Pos het ná tal­le na­vrae vas­ge­stel dat slegs drie van die ver­dag­tes, Me­shack Ba­loyi (35), Jo­sias Mahlatsi (45) en Nor­man Mothomoholo (37), op die aan­klag­te in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn het.

’n Fa­mi­lie­lid (40) van Motho­mo­holo wat ook aan­ge­keer was het nooit in die hof ver­skyn nie. Lui­dens die klag­staat is die aan­klag­te teen die drie verdagtes voor­lo­pig terug­ge­trek en hul­le is vry­ge­laat.

Dit blyk uit die klag­staat dat die hof dié be­sluit ge­neem het weens ’n gebrek aan ’n volledige on­der­soek­ver­slag wat kon be­wys dat die twee voer­tuie ge­steel is. Kapt. Ann­emarie Smith, speur­tak­hoof, het in reak­sie ge­sê die beskuldigdes sal na verwag­ting weer in die hof verskyn wanneer die verslag ingedien word.

Related Articles

Back to top button