CrimeNews

Nóg ’n klere­win­kel in Bela-Bela-sakekern beroof

Die Dunns-klere­win­kel in Be­la-Be­la se hoofstraat is die jongste slagoffer van winkelrowers wat in dié dorp se sentrale sakesektor toeslaan.

Twee ander win­kels in Chris Hanistraat — Ackermans en Markham — het ook in Septem­ber on­der ro­wers deurge­loop.

Volgens kol. Abel Phet­la, Be­la-Be­la-polisie­sta­sie­bevel­voer­der, het vier gemaskerde mans die Dunns-winkel op Woens­dag 30 Septem­ber beroof.

Een ver­dag­te het aanvanklik alleen die winkel betree en R12 se selfoonlug­tyd ge­koop. Die ander drie het daarna ingekom.

Een van die vier ver­dag­tes het by die deur die hand­ont­smet­tings­mid­del van ’n perso­neel­lid ge­neem en kliën­te, son­der om ver­dag voor te kom, vrien­de­lik weg­ge­wys, het Phet­la ge­sê. Slegs een hand­wa­pen was sig­baar, maar dit is nooit op ie­mand ge­rig nie.

Die winkel­be­stuur­der en ’n an­der per­so­neel­lid is na die agter­kant van die winkel gedwing en daar aange­hou.

Die rowers het met die kon­tant wat in die kasregis­ter was en ’n onbe­ken­de hoe­veel­heid sel­fo­ne op die vlug geslaan, het Phetla ge­sê. Die veilig­heids­ka­me­ras se beeld­ma­te­riaal was vol­gens hom tot dusver nie van veel hulp om die verdagtes te identifiseer nie.

Die winkel het na verneem word slegs enkele dae tevore sel­fo­ne ontvang.

“Ons sal voortgaan om sig­bare polisië­ring in die omgewing te verbeter,” het Phetla gesê.

Hy maan sakelui om gereeld veilig­heids­ka­meras na te gaan en op te dateer. Beeldmateriaal met goeie reso­lu­siekameras kan help om ver­dag­tes uit te wys en tot sukses­vol­le inheg­tenis­nemings lei, het hy gesê.

  • Die Be­la-Be­la-muni­sipa­li­teit het in hul fina­le ge­ïn­te­greer­de ont­wikke­lings­plan (GOP) ’n be­gro­ting beskikbaar gestel vir die ­koop en in­stal­le­ring van vei­lig­heids­ka­meras in die dorp se sen­trale sa­ke­sek­tor.

    Volgens beskikbare do­kumen­te is daar R2,5 mil­joen vir die kame­ras be­groot.

    Hoewel dié projek reeds meer as ’n jaar gelede bespreek is, is daar nog geen aanduiding dat daar vorderding daarmee is nie. Die Pos het na­vrae aan Kabe­lo Mo­sito, muni­sipa­le woord­voer­der, ge­stuur oor die beoogde datum van voltooiing van die pro­jek, maar het teen druk­tyd geen terug­voer ont­vang nie.

Related Articles

Back to top button