CrimeNews

Werkgroep saamgestel vir Northam-omgewing

’n Werkgroep wat ten doel het om veiligheid te bevorder het die afgelope naweek in Northam byeengekom.

Die organiseerder van die werkgroep, Frik Kruger, en sy span bestaande uit Willoughby Brits, Koos Moorcroft en Lukas Swart is baie geesdriftig oor die werkgroep.

Hulle is vasbeslote om ’n veiligheidseenheid op die been te bring wat die Northam-gemeenskap sal bevoordeel.

Genl. Roland de Vries was die gasspreker tydens die byeenkoms. De Vries het verskeie bevelsposisies in die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) beklee waaronder hoof van die SA Leer Kollege, asook die Gesamentlike Opleidings Divisie in die nuwe South African National Defence Force.

Hy het baie operasionele ondervinding. Kruger het in gesprek met Die Pos gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om sinvol saam met die polisie, plaaslike landbou-organisasies en relevante belangegroepe te werk.

“Dit was wonderlik om die geesdrif en wisselwerking van die werkgroep se lede te ervaar. Kruger het gesê die gemeenskap van Northam besef dat elke inwoner nou sal moet hande vat om gemeenskapsveiligheid te verseker.

Daar sal grootliks op die vrywillige toetrede deur individue en keuse van leiers deur lede van die gemeenskappe staatgemaak word.

Mense wat belangstel om deel van die groep te word of meer inligting verlang, kan vir Frik Kruger bel by tel. 082 556-9173 of stuur ’n WhatsApp.

Related Articles

Back to top button