LettersOpinion

Cele moet verduidelik ná moord

Die sinnelose, wreedaardige moord op Horner word ten sterkste veroordeel en die VF-Plus eis ’n antwoord van die minister of Horner verdien het om só te sterf.

Jan van Niekerk, Vryheidsfront-Plus, provinsiale leier: Vrystaat, skryf:

Die moord op ’n plaasvoorman, Brendin Horner (21), is bewys dat die regering se landelike beveiligingsplan gefaal het.

Horner is verlede week gemartel en vermoor op die plaas De Rots naby Paul Roux in die Vrystaat.

Bheki Cele, minister van polisie, het onlangs die stelling gemaak dat boere nie moet kla as hulle seerkry nie en het gesuggereer dat dit die slagoffers van plaasaanvalle se eie toedoen is dat hulle teikens van hierdie geweldsmisdaad is.

Die VF-Plus het hierdie stelling, en die houding van die minister, as aanhitsing tot geweld bestempel.

Die sinnelose, wreedaardige moord op Horner word ten sterkste veroordeel en die VF-Plus eis ’n antwoord van die minister of Horner verdien het om só te sterf. Plaasaanvalle en -moorde is buite beheer en kan nie as gewone misdaad beskou word nie, veral in ag genome die wreedheid wat daarmee gepaard gaan.

Die VF-Plus is van mening dat hierdie misdaad slegs doeltreffend bekamp kan word indien die regering die erns daarvan erken, dit tot ’n prioriteitsmisdaad verklaar en spesialis- eenhede getaak met landelike beveiliging op die been bring.

Die VF-Plus doen opnuut ’n beroep op die landbougemeenskap om betrokke te raak by plaaslike veiligheidsstrukture en moedig boere aan om hulself te beveilig en te verdedig.

Die VF-Plus veroordeel ook die toene- mende anargie in landelike gebiede ten sterkste en spreek sy innige simpatie en medelye uit met die familie en vriende van die slagoffer.

Related Articles

Back to top button