CrimeNews

Boere moet paraat wees

Plaas­be­wo­ners moet uiters ver­sig­tig wees, is die waar­sku­wing wat dié week ge­rig is na­dat ’n aan­tal plaas­aan­val­le die af­ge­lo­pe we­ke regoor die land plaasgevind het.

Chris­to Ven­ter, voor­sit­ter van die Vaal­wa­ter-GPF, het aan Die Pos gesê in­wo­ners moet weer na hul vei­lig­heids­maat­reëls kyk en dit verbeter waar no­dig.

“Maak se­ker dat daar dief­we­ring voor ven­sters is en ge­noeg lig­te bui­te is om die erf te ver­lig. Maak se­ker daar is goeie vei­lig­heids­hek­ke in die huis. In­dien daar iets ver­dags bui­te is, moenie self uit­gaan nie. Kontak die bu­re of een van die vei­lig­heids­groe­pe so­dat iemand van bui­te af kom kyk. Moe­nie uit jou huis ge­lok word nie,” het hy ge­sê.

Die moord op die 21-ja­ri­ge Bren­din Horner na­by Paul Roux in die Oos-Vry­staat het van­dees­week groot op­slae ge­maak toe boe­re op­ge­ruk het om die hof­ver­sky­ning van die twee ver­dag­tes by te woon. Ge­moe­de­re het hoog ge­loop en ’n po­li­sie­voer­tuig wat omgekeer is het begin brand. Daar het ook enkele skote geklap.

Horner is ver­moe­de­lik by ’n plaas­hek oor­val na­dat hy op Don­der­dag 1 Oktober net ná 19:00 van­af die buur­plaas te­rug­ge­ry het huis toe.

Fa­mi­lie en vrien­de het deur die nag na hom ge­soek na­dat hy nie by die huis op­ge­daag het nie.

Sy lig­gaam is die vol­gen­de og­gend ge­vind waar hy aan ’n paal vasgemaak was. Twee mans is in heg­te­nis ge­neem.

Related Articles

Back to top button