NewsSchools

Dié jong dramastudente presteer

Die RiVo-dramastudente van Thabazimbi moes noodgedwonge die afgelope jaar nuwe uitdagings te bowe kom.

Die Covid-19-inperkings het talle nuwe uitdagings gebring, maar nogtans het twee junior RiVo-dramastudente besonder goed presteer op nasionale vlak.

Marianey du Plessis (gr. RR) van Thabazimbi het derde geëindig in die landwye Dramaweb SA- nasionale dramakompetisie.

Marianey du Plessis (gr. RR) het ’n derde plek behaal in die Dramaweb SA se nasionale dramakompetisie.

Sy het in die afdeling vir gr. RR tot gr. 1 deelgeneem. Odelea van der Nest (gr. 2) het ná haar onlangse deelname aan die finale ronde van die landwye digitale Radikale-redenaarskompetisie ook in die derde plek geëindig.

Rita Volschenk, afrigter van RiVo-toneelgroep, het aan Die Pos gesê hulle sien met afwagting uit na die uitslae van die Op-die-planke-monoloogfees.

Nie minder nie as 23 RiVo-dramastudente het gekwalifiseer vir die finale beoordeling van dié fees.

Related Articles

Back to top button