NewsSchools

Bosveld Interhoër 2021 is wéér by die Nylies

Die bane is grasgroen en die pawiljoene gereed.

Die jaarlikse Bosveld Interhoër-atletiekbyeenkoms word in 2021 wéér by Hoërskool Nylstroom gehou.

Die reëlings vir die 2021-interhoër, wat by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal gehou sou word, is deurmekaar gekrap deur die Covid-19-pandemie en weens die grendeltydperk kon die skool nie die maandelange voorbereiding wat voor só ’n groot byeenkoms moet plaasvind, doen nie.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Die Nylies het hul hand opgesteek en gesê: ons bane is gereed. Anton du Plessis, skoolhoof van Hoërskool Nylstroom, het aan Die Pos gesê dit is ’n bonus om dié gesogte byeenkoms vir twee agtereenvolgende jare aan te bied.

“Die gewone siklus van skole wat die interhoër aanbied, sal weer in 2022 hervat. Ons spring intussen aan die werk om weer ’n interhoër op dieselfde vlak as verlede jaar s’n aan te bied,” het hy gesê. “Die interhoërbyeenkomste vir landloop, gholf, redenaars, skaak en toneel kon ook nie vanjaar afgehandel word nie en word oorgedra na 2021. Dit sal ook deur die Nylies aangebied word,” het hy gesê.


Baie dankie aan The Flower Barn sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button