CrimeNews

Waarskuwing: Al hoe meer rooftogte in Bela-Bela se sakesektor

Dit lyk asof Be­la-Be­la se sen­tra­le sake­sek­tor al hoe aanlokliker vir rowers word.

Die Mark­ham-klere­win­kel het op Vry­dag 25 Sep­tem­ber hel­deroor­dag deur­ge­loop.

Die Acker­mans-klere­win­kel in dieselfde straat is op Woens­dag 16 Sep­tem­ber be­roof.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die Mark­ham-roof­tog het onge­veer 09:16 die og­gend plaas­ge­vind.

Vier ver­dag­tes het die win­kel be­tree, maar slegs een het ’n sigbare handwapen by hom gehad. Die rowers het die handontsmettingsmiddel by die bestuurder afgeneem en hom saam met die kassier na die agterkant van die winkel gedwing.

“Die rower het nie die handwapen op iemand gerig nie, maar die personeel het hul volle samewerking gegee. Die rowers het egter ’n bloutjie geloop omdat die winkel nie meer selfone in voorraad gehad het nie en die kontantbedrag in die kasregister maar klein was. Die rowers het hulself gehelp aan ’n klompie T-hemde voordat hulle op die vlug geslaan het,” het Mapon­ya ge­sê.

“Die twee per­soneel­le­de is in ’n bad­ka­mer toe­ge­maak en het eers na vore ge­kom toe ’n kliënt die win­kel binnege­stap en na die personeel geroep het.

Dit is onbekend op watter manier die rowers gevlug het. Die modus operandi was ba­ie die­self­de as die voor­val vroeër by Ackermans, het Maponya gesê.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Nog geen ver­dag­tes is aan­ge­keer in ver­band met die roof­tog­te nie.

Mapon­ya het ge­sê roof­tog­te neem beslis toe en dat die po­li­sie se mis­daad­voor­ko­mings­een­heidspan, in same­wer­king met die gemeen­skap­po­lisië­rings­fo­rum, sig­baar­heid in die stra­te sal verhoog.


Baie dankie aan Hide Away sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button