CrimeNews

Moordsake eersdaags hervat

Die hof­sa­ke van twee ver­dag­tes wat ver­bind word met moorde op bekendes van die omgewing sal eersdaags in die Be­la-Be­la-land­dros­hof hervat word.

Os­car Mashi­loane (42) van Stoffel­park in Ma­me­lo­di, Pre­to­ria, word ver­bind met die moord op Han­nes Prins­loo (84) wat in 2009 by sy sakeonderneming in Nohaneng, ong­eveer 20 km van­af Settlers, ver­moor is.

Prins­loo het in die omgewing geboer voordat hy afgetree en daarna op die per­seel gaan woon het, het Die Pos vroeër berig. Hy is aange­val en vas­ge­bind en is deur ’n werker dood in sy slaap­ka­mer aan­ge­tref. Hy het vermoedelik versmoor weens die ma­nier waarop hy vasge­bind is.

Sy aanvallers het weggekom met twee sel­fo­ne en onge­veer R76 000 kon­tant. Ma­shi­loa­ne is in Sep­tem­ber van­jaar, 11 jaar ná die moord, deur die po­li­sie, in same­wer­king met die Boe­re Misdaad Onder­soekspan (BMO), aan­ge­keer. Meer ver­dag­tes word ge­soek. Hy word aangekla van huis­braak met die opset om te roof en moord.

Sy borg­tog­aan­soek was tot dus­ver on­suk­ses­vol. Ma­shiloa­ne moet weer op Maan­dag 5 Ok­to­ber in die hof ver­skyn. Hy bly in aan­hou­ding.

  • Le­limo Mafo­ka (29) word in dieselfde hof aangekla van die moord op Simon Male­bane, ’n boer van Ra­dium, en Da­niel Ngoa­ga­mo­be, ’n plaas­wer­ker, wat in Augus­tus 2019 in die Klip­pan-omgewing vermoor is.

    Die po­li­sie het Male­bane en Ngoa­gamo­be destyds op die plaaswerf met skietwonde aangetref. Die oorle­denes se sel­fo­ne, R150 000 kon­tant en vuur­wa­pens is ge­buit.

    Ma­foka is in Ju­lie van­jaar aan­ge­keer in ver­band met die mis­daad. Hy word aangekla van moord op albei mans, roof en dat hy on­wettig in die land is. Mafo­ka kom oor­spronk­lik van Le­so­tho en het in Diep­sloot in Gau­teng ge­woon.

    Sy borg­tog­aan­soek was ook tot dus­ver onsuk­ses­vol. Mafo­ka moet weer op Don­der­dag 8 Okto­ber in die hof ver­skyn. Hy bly in aan­hou­ding. Kapt. R­enier Schut­te van die Be­la-Be­la-po­lisie is die on­der­soek­beamp­te in albei sa­ke.

Related Articles

Back to top button