LettersOpinion

Dit was nou flinke diens!

Ons kan hulle met vrymoedigheid aanbeveel vir enige herstelwerk aan huishoudelike toestelle.

Salie en Martie van der Wal, Gholfpark, Mookgophong, skryf:

Ons wil graag vir EC, Corli en die tegnici van B&F Elektries in Mookgophong bedank vir hul flinke diens.

Ons yskas het net voor die langnaweek nie meer doeltreffend gewerk nie.

Ons was angstig aangesien ons gaste vir die langnaweek verwag het en in ons Bosveld-klimaat is ’n yskas ’n noodsaaklikheid.

Die span het die yskas op Dinsdagmiddag 22 September kom oplaai en die volgende dag het hulle dit in ’n werkende toestand kom aflaai.

Hulle het ons op kort kennisgewing gered. Ons kan hulle met vrymoedigheid aanbeveel vir enige herstelwerk aan huishoudelike toestelle.

Related Articles

Back to top button