Action Ford Modimolle is reg vir pad vorentoe
“Ons voel al reeds welkom,” sê Ben Niemandt, nuwe handelaarshoof van Action Ford in Modimolle.
“Inwoners en kliënte van Action Ford Modimolle het ons met ope arms ontvang. Ons is nog net twee maande hier en voel reeds deel van die gemeenskap.”
Dié motorhandelaar se bestuurspan in Modimolle het verander en hulle pak die nuwe uitdagings geesdriftig aan om te verseker dat hul diensvlakke aan bestaande en voornemende kliënte tops is. Action Ford Modimolle is deel van die CFAO Motorgroep SA.
Die fokus bly, op aandrang van die uitvoerende bestuur, op kliëntediens.
“Ons het ’n positiewe ingesteldheid en stel enige foute spoedig reg,” het Niemandt gesê.
Action Ford Modimolle glo hoewel die negatiewe finansiële golf wat die land vanjaar getref het heelparty sakegemeenskappe in Suid-Afrika onkant gevang het, dit ook ’n nuwe, vars en onopgesmukte manier van sakebestuur en gemotiveerde denkwyse geopenbaar het. Hulle is baie dankbaar en gelukkig om deel van die pad vorentoe te wees.
“Ons sakevennote het hul deursettingsvermoë met soveel deursigtigheid en empatie gewys. Ons glo heelhartig in ons leuse vir ons gemeenskap: ondersteun plaaslik. “Ons probeer om aan elke kliënt die beste moontlike diens te lewer. Ons nooi die gemeenskap uit om ons te besoek en eerstehands uit te vind of ons die belofte gestand doen. Moenie huiwer om met enige van ons personeel kontak te maak nie,” het Niemandt inwoners genooi.
“Knip dié kontakbesonderhede uit en plak dit teen die yskas indien u of enige van u vriende of familie met ons wil gesels.” Niemandt se nommer is tel. 082 320 7566.
Die nuwe onderdelebestuurder is Rix Gouws en sy kontaknommer is tel. 072 141 3372. Die diensbestuurder is Hakkie van Wyk de Vries by tel. 078 704 9418. Vir nuwe verkope bel vir Corrie Taljaard by tel. 072 043 9161, Donovan Wiggil by tel. 066 206 0314 of Dinah Mahloko by tel. 061 122 7138.
Vir verkope van gebruikte voertuie bel vir Johan Smith by tel. 083 724 2247, Johan du Plessis by tel. 066 181 3047 of Ansie du Plessis by tel. 082 320 5459. Die kontaknommers vir ontvangs is tel. (014) 717 1054 en vir die administratiewe kantoor is dit tel. (014) 717 1054.