CrimeNews

Sewe rowers oorval vrou en kind

’n Vrou en haar sewe­ja­ri­ge dog­ter­tjie is deur se­we ro­wers in hul huis in Modi­molle oor­val.

Die groep mans het vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­molle-po­li­sie, op Sa­ter­dag­og­gend 19 Sep­tem­ber om 09:00 op die huis in Wol­ma­rans­straat toe­ge­slaan.

Slegs die vrou en haar dog­ter­tjie was tuis. Hul iden­ti­teit is nie be­kend ge­maak nie.

“Die mans het by die huis se ag­ter­deur in­ge­kom en die vrou en kind vas­ge­bind. Hul­le het daar­na die huis ge­plun­der. Al wat ver­mis word, is ’n skoot­reke­naar en sel­foon,” het Find­lay ge­sê.

Die vrou kon haar­self teen ongeveer 11:00 los­wik­kel en haar man en bure kon­tak wat op hul beurt die po­li­sie in ken­nis ge­stel het.

Niemand het ern­sti­ge be­se­rings op­ge­doen nie.

Die eg­paar, wat glo Ethio­pie­se bur­gers is, be­dryf ’n win­kel in Phaga­meng.

Die po­li­sie het in­wo­ners in die om­ge­wing van Wol­ma­rans-, Kerk-, en Bos­hoff­stra­te wat iets ver­dags opgemerk het of wat vei­lig­heids­ka­me­ras het, ge­vra om hulle te help met inligting.

Related Articles

Back to top button