CrimeNews

Talle toegesluit weens dronkbestuur

Ver­skeie men­se is die af­ge­lo­pe na­week in Modi­mol­le in heg­te­nis ge­neem op klag­tes van dronk­be­stuur.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het ge­sê dié ge­val­le het noe­mens­waar­dig toegeneem se­dert drank mak­li­ker be­kom­baar is om­dat die gren­del­re­gu­la­sies aangepas is.

Misdade soos aan­ran­ding en ver­krag­ting, wat dik­wels met drank­mis­bruik ge­paard­gaan, sal volgens hom vermoedelik ook nou toeneem.

Vol­gens die pro­vin­siale de­par­te­ment van ver­voer en ge­meen­skaps­vei­lig­heid is daar die af­ge­lo­pe na­week 48 men­se in die pro­vin­sie in heg­te­nis ge­neem op aanklag­te van dronk­be­stuur en 746 om­dat hul­le te vin­nig gery het.

Vol­gens die de­par­te­ment het hul­le strenger wets­toe­pas­sing toegepas om­dat daar ’n beduidende toe­na­me in nood­lot­tige on­ge­luk­ke was.

Motorongelukke het ge­du­ren­de die na­week van 19-20 Sep­tem­ber die le­wens van tien men­se in Lim­po­po geëis.

Drank­mis­bruik, roe­ke­lose be­stuur en spoed was glo die groot­ste re­des vir die onge­luk­ke.

Related Articles

Back to top button