CrimeNews

Lusernbedrieër kry opgeskorte vonnis

’n Man wat daar­van aan­ge­kla is dat hy boe­re inge­loop het met lusern­bale, het die af­ge­lo­pe week ’n op­ge­skor­te von­nis in die hof in Mo­di­mol­le ont­vang.

Ste­fan Mul­ler (32) is op Maan­dag 15 Sep­tem­ber tot 24 maan­de tronk­straf ge­von­nis wat op­ge­skort is vir vier jaar, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­molle-po­li­sie, ge­sê. Mul­ler het al die klaers terug­be­taal wat in sy guns ge­tel het.

Die klag­tes teen hom, wat van reg­oor die land inge­stroom het, het ge­volg na­dat ’n woe­den­de boer­vrou van die Oos-Kaap haar in Fe­brua­rie tot so­sia­le me­dia ge­wend het.

Sy het glo ’n de­po­sito van R42 000 be­taal waar­na Mul­ler ver­dwyn het.

“Ek sal nie ophou voor­dat ek my geld te­rug het of totdat iemand ag­ter tra­lies is nie,” het sy ge­sê.

Tal­le men­se het op haar pla­sing gerea­geer en in­lig­ting oor waar Mul­ler in Brits ge­werk het, ge­gee. Sy en haar man het hom by sy werk­plek ingewag en na die plaas­li­ke po­li­sie­sta­sie ge­neem. Mul­ler het egter voor die po­li­sie­sta­sie ont­snap.

Mul­ler is uit­ein­de­lik in Maart van­jaar in Shelly Beach, Kwa­Zulu-Na­tal, deur AO Ross Ros­souw en sers. Aman­da Ros­souw van die Modi­molle-po­li­sie aangekeer.

Hul­le was op sy spoor in ver­band met ver­skeie be­drog­klag­tes wat tus­sen 2011 en 2019 plaas­ge­vind het, het Find­lay ge­sê.

  • Die 24-jarige Lenn Roy Jofner wat in April by ’n motor­bandehan­de­laar in Modi­mol­le aan­ge­keer is, ver­skyn weer op Maan­dag 12 Ok­to­ber in die streeks­hof in die dorp.

    Die tien klag­tes teen hom wis­sel van be­drog, dief­stal, besit van ver­vals­te geld, dwelm­han­del, be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de eien­dom en ver­val­sing.

    Jof­ner is aan­ge­keer na­dat hy glo dui­sen­de ran­de se motor­ban­de wou ­koop.

    Hy het kort te­vo­re glo by ’n vul­sta­sie in die dorp brand­stof inge­gooi, maar nie daar­voor betaal nie.

    Die polisie het ty­dens sy inheg­te­nis­name glo afge­kom op ver­vals­te dia­man­te en R200-note, ju­we­le en metam­feta­mien, be­ter be­kend as “crystal meth”.

Related Articles

Back to top button