Home/News/Boekevat en kekkelbekke NewsSchools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. September 28, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print WP Laidlaw, ’n boorling van Bela-Bela wat in 1999 aan Hoërskool Warmbad gematrikuleer het, is as adjunkhoof by Hoërskool Noorderland in Mogale City (Krugersdorp) aangestel. Laidlaw was bekend vir sy goeie rugby- en atletiekprestasies op skool en universiteit. Hy is reeds sedert 2005 by Noorderland betrokke en het groot welslae met die skool se eerste rugbyspan, waarvan hy die afrigter is, behaal. Hoërskool Nylstroom het op Donderdag 18 September hul leiersinhuldiging gehou. Die seuns se hoofleiers vir 2021 is Letago Kekana (onderhoofseun van kultuur), Martin Vosloo (hoofseun) en Danie Smit (onderhoofseun van sport). Dié meisies sal in 2021 die voortou by Hoërskool Nylstroom neem. Simoné Engelbrecht is gekies as onderhoofdogter van sport, Janique Erasmus as hoofmeisie en Omphile Sabushimike as onderhoofdogter van kultuur en koshuishoofdogter. Christian de Wet is aangewys as die koshuishoofseun van Hoërskool Nylstroom vir 2021. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. September 28, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print