MunicipalNews

Modimolle-inwoners keelvol vir vuil parkie

Die park, in die middel van die woonbuurt, is toegerus met klimapparate vir kinders, maar dit is die laaste plek waar kinders kaalvoet kan rondhardloop.

Asblikke wat oorloop met die oorblyfsels van wegneemetes, ’n vrot vis, leë wynsakke, stukkende bankies en kondome en glas wat die wêreld vol lê, het besoekers aan die Boshoffstraat-park in Modimolle die afgelope twee weke begroet.

Die park, in die middel van die woonbuurt, is toegerus met klimapparate vir kinders, maar dit is die laaste plek waar kinders kaalvoet kan rondhardloop.

 

’n Seeroog pleks van ’n juweel. Die asblik in die Boshoffstraatparkie in Modimolle is tjokvol. Die bankies en tafeltjies is gebreek en ’n lamppaal wat die omgewing moet verlig, lê plat op die grond.

 

Nie een van die sementbankies en tafeltjies is meer heel nie. ’n Lamppaal lê plat op die grond. Snags is dit pikdonker met enkele straatligte wat in die omliggende strate skyn.

Hierdie probleme geld ook vir die park in Hagenstraat. Die parkie in Limpopostraat is egter skoon en netjies.

Een van die klagtes oor die parkie in Boshoffstraat was dat die hek vir voertuie oop is en dat ouers nie gerus voel dat hul kinders daar speel nie, omdat voertuie tussen die klimrame deurry.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het by navraag gesê sy het die probleem na die departement van sosiale dienste verwys en hulle gevra om die parke so spoedig moontlik op te ruim.

Related Articles

Back to top button