CrimeNews

Twee on­geluk­ke eis weer le­wens op N1

Drie mense is in onderskeie ongelukke dood.

Daar het die afgelope week twee ernstige motorongelukke op die N1-snelweg in die Bela-Bela-omgewing plaasgevind.

Drie mense is in die onderskeie ongelukke dood.

Vol­gens sers. Frans Mapon­ya, Be­la-Be­la-po­li­siewoord­voer­der, het die eers­te on­ge­luk op Sater­dag 12 Sep­tem­ber om 22:10 op die snel­weg na­by die Codring­ton-af­rit plaas­ge­vind toe die bestuurder van ’n Volks­wa­gen Po­lo be­heer oor die voertuig ver­loor en dit omge­slaan het.

Die be­stuur­der is op die to­neel oor­le­de. Sy is ge­ïden­ti­fiseer as Vio­let Ma­bela van Hammans­kraal. Die pre­siese oor­saak van die onge­luk word nog on­der­soek, het Maponya ge­sê.

Nog ’n on­ge­luk het op Maan­dag 14 Sep­tem­ber om 14:30 naby die Settlers-af­rit op die snel­weg plaas­ge­vind toe die bestuurder van ’n Toyota Hilux-bakkie ook be­heer oor die voertuig ver­loor en dit omge­slaan het, het Mapon­ya gesê. Daar was drie insittendes in die voertuig.

Mo­ses Sam­bo, een van die pas­sa­siers, is op die toneel dood verklaar. Die twee­de pas­sa­sier, Vic­toria Khosa, is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem, maar het later aan haar be­serings gesterf, het Mapon­ya gesê. Die be­stuur­der is onge­deerd. Die in­sit­ten­des kom almal van Johan­nes­burg.

Die po­lisie on­der­soek twee afsonderlike sa­ke van straf­ba­re man­slag.

Related Articles

Back to top button