CrimeNews

Skelms bly lugtig vir waghonde

Waghonde dra beslis by tot die beveiliging van eiendomme, hoewel mense nie slegs op hul vierpootvriende kan reken om hulle te beskerm nie.

An­dries Opper­man, Afri­Fo­rum se pro­vin­siale vei­lig­heids­koördineer­der, meen wan­neer ’n woonhuis ge­teiken word, waarsku honde dikwels die inwoners betyds.

Onge­lukkig weet boosdoeners dit en daarom word honde dikwels vooraf vergiftig.

“Die Covid-19-pan­de­mie het gemeen­skap­pe hard getref. Buurtwaglede kon aan die begin van die grendeltydperk nie patrollies ry nie en daar is steeds groot finan­siële uit­da­gings vir dié sektor.”

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het bevestig daar is beslis meer klagtes van huisbraak en die vergiftiging van honde.

Opper­man het ge­sê daar rus nou ’n groter verant­woordelik­heid op inwoners om buurt­wag­te se han­de te versterk sodat misdaad voorkom en daar flink tydens noodge­valle opgetree kan word.

Dit is belangrik dat mense honde binne én buite die huis aanhou.

“Blaffende honde gee eienaars kosbare tyd om alarm te maak indien hul lewens bedreig word tydens ’n aanval.”

Hy het gesê mense moet hul honde leer om nie kos van vreemdelinge te aanvaar nie.

“Sodra mense opmerk dat hul honde vergiftig is, moet hulle hul bure laat weet en uiters waaksaam wees.”

“Hon­de moet deeg­lik ver­sorg word, goeie kos kry en in die ge­val van siek­te of be­sering me­diese hulp ontvang. Hul­le moet geënt en teen bos­lui­se behan­del word.”

“Hon­de moet ook aan­dag kry en kan nie vasge­keer word in ’n klein tuintjie of beperkte ruimte nie. Hulle het gereelde oefening nodig. Afri­Fo­rum is tans besig om na ’n nuwe Whats­app-vei­lig­heids­plat­form, die Tele­gram-net­werk, oor te ska­kel. Hul­le stel ook in die­self­de a­sem ’n nu­we in­ter­ak­sie­kon­sep — die AfriForumBuurtBot — be­kend.

“Lede van die publiek kan ’n aanlyn­skakel volg en só mis­daad of munisi­pale pro­bleme aan­meld. Buurt­wag­te en takke maak dan ge­bruik van die in­lig­ting wat op die ska­kel ge­deel word om voor­ko­mend op te tree,” het hy gesê. Die buurt­bot­funk­sie is beskik­baar op Google se soekenjin deur — t.me/AfriForumBuurtBot — in te tik.

“Die be­lang­rik­ste veilig­heids­maat­reëls is om by jou plaas­li­ke gemeenskaps­veilig­heids­netwerk in te ska­kel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button