CrimeNews

Vermeende skurke loop hul rieme styf

Drie mans is deur die Bela-Bela-polisie aan­ge­keer kort na­dat ’n win­kel in Nor­tham be­roof is.

Die mans, wat tus­sen die ouder­dom­me 22 en 44 is, is vas­ge­trek kort na­dat die po­li­sie in­lig­ting ont­vang het oor waar hul­le wegkruip.

Die rooftog het op Maan­dag 7 Sep­tem­ber plaasgevind.

Lede van die Bela-Bela-mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid en die Rooi­berg-po­li­sie se speur­ders het saam­ge­werk en ’n To­yota Etios, ’n Sam­sung-sel­foon en ’n vuurwapen in die mans se be­sit gevind.

Volgens kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­siale woord­voer­der van die die po­li­sie, het polisiebeamptes in Lim­po­po altesame 2 031 men­se vanaf Maan­dag 7 Sep­tem­ber tot Son­dag­nag 13 Sep­tem­ber in heg­tenis ge­neem as deel van ge­sam­ent­like op­tre­des.

Die span­ne het be­staan uit le­de van die mis­daad-in­tel­li­gen­sie-eenheid, vee­dief­stal, kin­der­be­sker­mings­dienste, speur­ders, open­ba­re op­trede-een­heid, die hoof­wegpa­trol­lie en sig­ba­re po­li­siërings­een­hede. Hul­le is by­ge­staan deur die pro­vin­sia­le en mu­ni­si­pale ver­keers­de­par­temente en die weer­mag.

Die men­se wat in heg­te­nis ge­neem is se sa­ke wissel van moord, ver­krag­ting, vee­dief­stal, roof, die be­sit van on­wet­ti­ge si­ga­ret­te tot bewerings dat hulle on­wet­tig in die land is of gesoek word vir ver­keers­oor­tre­dings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button