Local newsNews

Spoor kanker gou op danksy Kansa

Hoe gouer kanker opgespoor word, hoe beter is die kans op herstel.

Wilna van den Heever van Kansa moedig inwoners aan om gebruik te maak van hul kanker-siftingstoetse.

Sy moedig veral vroue aan om in September en Oktober van hierdie diens gebruik te maak.

Die kostes vir papsmere en borsondersoeke beloop R380, ’n PSA-bloedtoets vir die prostaat kos R180, moesie-ontleding met die FotoFinder-masjien en velontleding beloop R150.

Die selftoets vir stoelgangontleding om verskuilde bloed op te spoor kos R100.

Dié toets help met vroeë opsporing van moontlike dikdermkanker. Die toetse vind plaas by Van den Heever se kliniek in Booysenstraat 14 in Modimolle.

Afsprake moet vooraf gemaak word by tel. 082 493 1884 of tel. (014) 717 5454. Sy kan ook naburige dorpe besoek om dieselfde dienste te lewer.

Related Articles

Back to top button