NewsSchools

Dié oud-Hansie skitter aanlyn

Johanee Adlam, oudleerder van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het geskitter tydens die Talent Africa-kompetisie wat vanjaar weens die Covid-19-maatreëls aanlyn aangebied is.

Adlam is met arms vol toekennings huis toe, waaronder eerste in die senior toneelspelafdeling, derde in die algehele ouderdomsgroep 18-24 en goud vir die hoë standaard van al haar inskrywings.

Sy is gekies as lid van die Amerikaanse- en Europese span vir 2021.

Dié pragtige jong vrou is die mede-aanbieder van Letstalk Showbiz, wat as ’n “Podcast-aanbieding” aangebied word en is ook deel van die komitee van Model United Nations (MUN).

Haar hoofrol as Velma von Tussle in die gewilde produksie “Hairspray” is een van die hoogtepunte in haar loopbaan.

Sy het haarself reeds in 2019 onderskei in die kompetisie toe sy ’n toekenning ontvang het as een van die toptiendeelnemers in toneelspel.

Sy is uit die ongeveer 1 500 deelnemers gekies om in die “Dreams”-musiekblyspel, wat verlede jaar by die Roodepoort-staatsteater aangebied is, die hoofrol as Melissa Reed te vertolk.

Die resensente het net lof gehad vir haar toneelspel, sang en danspassies. Slegs 100 lede uit 3 150 deelnemers is vir dié produksie gekies.

Related Articles

Back to top button