CrimeNews

Nóg ver­meen­de vee­die­we in aan­hou­ding

Die Be­la-Be­la-po­li­sie, in same­wer­king met die Modimol­le-vee­dief­stal­een­heid, het op Woensdag 2 September nóg ver­dag­tes in ­heg­te­nis ge­neem wat na be- wering bees­te ge­steel het.

Dit volg nadat se­we an­der ver­dag­tes ook ein­de Augus­tus in Bela-Be­la en Mokopane met ’n vrag vermoedelik gesteelde bees­te aan­ge­keer is.

Hulle het reeds in die hof verskyn. Kol. Moat­she Ngoepe, provin­siale polisie­woord­voerder, het aan Die Pos ge­sê in die jongste voorval het beamp­tes om 18:00 die dag ’n stil­staan­de gou­dkleurige Toyota Hilux-bakkie met ’n sleep­wa vol bees­te ge­waar en onder­soek in­ge­stel.

Die bak­kie was langs die R101-pad tus­sen Modi­molle en Be­la-Be­la geparkeer. Die be­amp­tes het die drie insittendes in die bak­kie oor die bees­te uit­ge­vra, maar die mans kon nie be­wyse toon dat hul­le be­sig was om die vee wet­tig te ver­voer nie.

Die ver­dag­tes, Kgau­gelo Dia­go (29), Man­go­ba Mtu­li (26) en Si­pho Ma­sina (29) is in heg­te­nis ge­neem en aan­ge­kla van die be­sit van vermoedelik gesteel­de vee. Die drie het reeds in die hof ver­skyn en hul­le sal na ver­wag­ting op Woens­dag 16 Septem­ber om borg­tog aan­soek doen.

Al die verdag­tes is steeds in aan­hou­ding.

  • Hoe­wel vee­dief­stal in Limpopo volgens die polisie se amptelike syfers met onge­veer 10% gedaal het, het die po­li­sie altesame 516 vee­dief­stalon­der­soe­ke tus­sen A­pril en Ju­nie van­jaar gedoen.

    Daar is tot dusver 17 sa­ke in Bela-Bela aangemeld, 14 in Modi­molle, 11 in Mook­go­phong en twee in Tha­ba­zimbi. Geen gevalle is in Tuinplaas en Vaalwater aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button