LettersOpinion

Inwoners versoek om altyd paraat te wees

Inwoners van landelike gemeenskappe word aangemoedig om aan te sluit by hul plaaslike buurt- en plaaswagte.

Marcelle Maritz, Vryheids-front-Plus (VF-Plus): lid van provinsiale wetgewer en provinsiale leier: Limpopo, skryf:

Die VF-Plus in Limpopo doen ’n dringende beroep op landelike gemeenskappe in die provinsie om hul paraatheid op te skerp ná nog ’n plaasaanval vandeesweek in die vroeë oggendure op die bekende Botha-familie op hul plaas met uitgebreide sitrusboerdery digby Marble Hall.

Joe Botha jnr. se voertuig is gesteel, maar reeds teruggevind terwyl goedere soos skootrekenaars en selfone nog vermis word. Inwoners van landelike gemeenskappe word aangemoedig om aan te sluit by hul plaaslike buurt- en plaaswagte wat ’n gesamentlike doelwit het om die omgewing, in samewerking met die polisie, te beveilig.

Die VF-Plus het nog altyd erns gemaak met plaasaanvalle en dring daarop aan dat die landelike beveiligingsplan, wat voorsiening maak vir die aanstel van bykomende personeel vir gespesialiseerde landelike eenhede, uitgevoer word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button