Local newsNews

Talle herstel van virus by oord

Net twee inwoners van die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle het steeds die Covid-19-virus onder lede.

Dié goeie nuus volg nadat talle inwoners van die versorgingseenheid en personeellede die virus in ’n kort rukkie opgedoen het.

Ten spyte van streng maatreëls het 13 inwoners en nege personeellede twee weke gelede die virus opgedoen.

Agt van die bejaarde inwoners het gesterf. Anina Pretorius, die oord se bemarkingsbestuurder, het die afgelope week aan Die Pos gesê vyf van die sewe pasiënte wat verlede week nog in die kwarantyn-eenheid was, is nou negatief getoets en is terug in die gewone versorgingseenheid.

“Dit bring vir ons groot blydskap en ek glo dit gee hoop vir baie mense in hierdie tyd. Ons is steeds hartseer oor die inwoners wat aan hierdie ongekende virus gesterf het, maar die goeie herstelsyfer toon dat daar altyd lig in die donker tonnel is en altyd iets is om voor dankbaar te wees,” het sy gesê.

Pretorius het gesê hul hou almal in die eenheid steeds fyn dop. Die nodige toetse word gedoen wanneer ’n inwoner enige simptome van die siekte toon. Die personeel gaan ook deur die gewone siftingsproses.

Related Articles

Back to top button