LettersOpinion

Padblokkade suksesvol

“Hierdie is ’n toonbeeld van puik samewerking tussen die polisie en gemeenskappe.”

Andries Opperman, AfriForum-veiligheidskoördineerder, Limpopo, skryf:

AfriForum se plaaswag in Matlabas-suid, wat deel is van AfriForum se Thabazimbi-tak, het saam met die polisie ’n padblokkade gehou waartydens drie mense in hegtenis geneem is.

Die Hoopdal-polisiestasie hou gereeld padblokkades saam met AfriForum se Matlabas-Suid-plaaswag.

Vyf plaaswaglede het ses polisiebeamptes op Saterdag 15 Augustus bygestaan tydens ’n padblokkade op die pad tussen Thabazimbi en Lephalale. Altesame 44 voertuie is afgetrek, twee boetes is uitgereik en drie onwettige immigrante is in hegtenis geneem.

Gustav Opperman van die plaaswag bedank graag die SAPD vir die professionele manier waarop hulle die padblokkade hanteer het en met die gemeenskap saamgewerk het.

“Dit is vir ons ’n voorreg om saam met die polisie te werk om ons gebied te beveilig.”

“Hierdie is ’n toonbeeld van puik samewerking tussen die polisie en gemeenskappe. Nie net beveilig hierdie optrede die Matlabas-omgewing nie; dit beveilig die hele land deur onwettige immigrante vas te vat.

Hierdie samewerking en voorkomende polisiëring is die grondslag van enige gemeenskapveiligheidsplanne. So maak ’n handjievol mense ’n reuseverskil.”

Raak by AfriForum in Limpopo betrokke: Laai die telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS die woord “noordstreek” na tel. 45350 (R1 per SMS).

Related Articles

Back to top button