Local newsNews

Deur dik en dun: Dié wenspanne is al jare deel van Modimolle

Die Pos het vir dié week se spesiale fokus op dorpe by ’n paar sakeondernemings in Modimolle gaan inloer wat al dekades lank sake op dié plattelandse dorp doen.

SupaQuick

Bertus Moolman van Supa Quick Nylstroom sê die onderneming is in 1998 op dieselfde perseel geopen as waar hulle vandag sake doen.

Hy onthou van die sakelui was ongelukkig toe daar besluit is om die winkel op weeksdae tussen 13:00 en 14:00 oop te hou.

In daardie dae wou almal net huis toe vir middagete. “Ek het in 1996 grond naby Tuinplaas gekoop, maar sou nie ’n bestaan daaruit kon maak nie.

Ek het toe besluit om my ondernemings in Pretoria te verkoop en ’n rustiger lewe op die platteland te kom voer … min wetende dat dit nie so sou wees nie.

Ons het gou besef die kliënte is honger vir ’n eenstopmotordiens met billike pryse,” het hy gesê.

“Ons het fantastiese kliënte ont- moet wat ons al langer as 20 jaar onder- steun.” Hy het gesê droogtetye bly hul grootste uitdaging, omdat die dorp hoofsaaklik op boerdery-aktiwiteite aangewese is. “Ons ruggraat is hardwerkende werknemers. Tiny Fourie, mede-eienaar, en sy span sê nie maklik ‘nee’ nie!”

Nylstene

Jaap Stolp van Nylstene het dié familie-onderneming in 1988 op die been gebring.

Hulle het twee steenmakerye in Pretoria gehad, maar het ’n goeie geleentheid in die voormalige Nylstroom gekry. “Die ligging was baie goed, want ons kon stene lewer aan uitbreidings in die noorde van Limpopo en suidwaarts tot in Pretoria.

Ons het ook stene gelewer vir ontwikkelings in die voormalige Bophuthatswana,” het hy gesê.

Sy grootste uitdaging was ongetwyfeld Covid-19 en die onsekerheid wat daarmee gepaard gegaan het omdat hul onderneming tydelik moes sluit. Van die hoogtepunte was nadat hulle in 2004/5 besluit het om die sprong van ’n klein familie-onderneming na ’n groot onderneming te maak.

“Nuwe masjinerie is aangekoop en ons het ons drakrag uitgebrei. Ons het aandag gegee om die gehalte van ons produk te verbeter en dit konstant te hou. Ons het by die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde (SABS) aangesluit en dit het nuwe markte ontsluit,” het hy gesê.

Sy advies is om nie buitensporig geld te leen wanneer ’n mens in ’n onderneming wil belê nie. Moenie geld gebruik wat jy nie het nie en maak seker dat jou kontantvloei dit kan hanteer. ’n Belegging in gehaltepersoneel is belangrik.

Lojale personeellede help ’n onderneming om vooruit te beweeg. Maak seker jou handelsmerk is bekend — as mense ’n produk benodig, moet dit jou handelsmerk wees waaraan hulle dadelik dink.

Ravat’s

Ravat’s in Modimolle doen al vir meer as 100 jaar sake. Die huidige eienaar, Mohammad Ravat, sê sy oupa het in 1881 in die dorp gewoon en hulle het die onderneming by sy oom gekoop.

“Die boere het jare gelede hul werkers hier voor ons winkel kom betaal.”

“Ons moes mettertyd aanpas en waar ons aanvanklik kruideniersware en klere verkoop het, het ons oorgeskakel na die verkoop van materiaal, wol en stoffering,” het hy gesê.

“Modimolle bied ’n standvastige sake-omgewing, maar ’n mens moet geduldig wees en nie te veel voorraad aanhou nie, want daar is nie baie inwoners nie.

’n Mens sien dieselfde kliënte weer en weer. Ons glo as ons iets nie in vooraad het nie, moet ons dit vir die kliënt kry,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button