CrimeNews

Polisie slaan toe op myners

Altesame 14 vermeende onwettige myners is vasgevat terwyl daar op agt vragmotors met vragte chroom beslag gelê is.

Dit volg nadat inligting oor beweerde onwettige mynbedrywighede in die Thabazimbi-omgewing ontvang is.

Die verdagtes is op Vrydagoggend 14 Augustus om 04:00 deur die Limpopo- provinsiale eenheid van georganiseerde misdaad, bygestaan deur die speurders van Thabazimbi-speurtak en veiligheidsbeamp- tes van die Northam Platinum-myn, in hegtenis geneem.

Die verdagtes is almal tussen die ouderdomme 26 en 56 en die waarde van die vragte chroom waarop beslag gelê is, word op sowat R15 miljoen geraam.

Die verdagtes is geïdentifiseer as Mokobane Bakwena(29), Mokobane Letsie Innocent (33), Msiza Piet Morakaneng(46), Maleka Koena Vilona (28), Mohlala Magu Abby(26), Makunyane Hlabakgwadi Andrew (31), Mokebe Mokhashane (34), Gatebe Jabulani Jacob (30) Sethabela David Steven(36), Maleka,Patrick Enerst(46 ), Tlhapi Motlogelwa Piet (31), Zwane Willem Babai (56), Moshoeu Collen Jacobus (42) en Modise Botshelo Steven (26).

Die verdagtes het op Maandag 17 Augustus in die Thabazimbi-landdroshof verskyn op klagtes wat verband hou met onwettige mynbedrywighede.

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, lt.genl. Nneke Ledwaba het die lede geloof vir hul poging om ’n einde aan hierdie onwettige praktyk te maak.

Hy het verder die gemeenskap bedank vir hul bydrae om inligting aan die polisie te verskaf. Al die verdagtes is borgtog geweier en die saak is tot Donderdag 20 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Related Articles

Back to top button